“As verbruikers het ons die reg om net soveel vrae te vra as wat ons wil, oor enigiets waarin ons, ons swaar verdiende geld belê – of dit nou ’n beleggingsproduk, ’n aftreespaarproduk of ’n stokvel is,” sê Jacqui Rickson, Uitvoerende Hoof van Groepvoordele by Sanlam Ontwikkelende Markte Beperk.
Met die oog hierop het Sanlam, in vennootskap met die Nasionale Stokvelvereniging van Suid-Afrika (NASASA), onlangs ’n makelaarsbesigheid bekend gestel en ’n volledige reeks begrafnisprodukte vir stokvelle en begrafnisondernemings saamgestel om die stokvelmark te bedien op ’n wyse wat hierdie mark in staat stel om sy voorkeur-spaarmetode te formaliseer en nog steeds sy tradisies te behou.
NASASA Financial Services (Pty) Ltd is ’n selfregulerende organisasie met ’n databasis van 125 000 stokvelgroepe, wat ongeveer 2.5 miljoen individue bereik. Die nuwe entiteit sal groter finansiële insluiting vir alle lede bevorder en aan mense die sekuriteit gee om toegang tot hul fondse te kan kry wanneer hulle dit nodig het.