Kinders kan enige tyd van die jaar beserings opdoen, maar dit is gewoonlik gedurende die somerseisoen dat ons beserings by kinders sien styg. Volgens prof Sebastian van As, Hoof van die Trauma-eenheid by die Rooikruis Kinderhospitaal, is motorongelukke, verdrinking en brandwonde die algemeenste redes waarom kinders in die hospitaal beland, veral gedurende die vakansie.
Sanlam se beseringseise weerspieël die Rooikruis Kinderhospitaal se statistieke. Padongelukke is die grootste gevaar vir kinders – verantwoordelik vir 80% van traumagevalle. Ongelukkig is dit dikwels die gevolg van kinders wat nie behoorlik vasgegespe is nie. Maar daar is ook ander gevare.
“Die koste van hierdie onvoorsiene gebeure kan hoog wees – van verlengde hospitaalverblyf tot rehabilitasie en berading. Netcare gee ’n geskatte daaglikse gemiddelde van R20,796 vir gespesialiseerde intensiewe sorg (insluitend pediatriese sorg), wat behandeling en mediese sorg uitsluit,” sê Dr Marion Morkel, Hoof Mediese Beampte by Sanlam.
Die Kindersiekte- en Beseringsvoordeel van Sanlam vul bestaande dekking aan om bykomende finansiële verligting te bied vir minder ooglopende uitgawes en tekorte. Die premies is mededingend en kinders kwalifiseer vir dekking vanaf hulle eerste verjaarsdag tot hulle 19 word.
Alhoewel jy versekering soos gapingsdekking, mediese fonds en die Sanlam Kindersiekte- en Beseringsvoordeel kan uitneem, is die beste manier om jou kind teen besering en siekte te beskerm om dit te probeer voorkom óf om maatreëls in plek te stel om die risiko te verminder.