Omskakeling van U Universele Lewensplan | Sanlam
Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Skip Navigation Linksafr Omskakeling van U Universele Lewensplan | Sanlam

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Back

Call me back

By clicking on CALL ME, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Email us

By clicking on SEND, you acknowledge that you have read our privacy policy.

Skip Navigation LinksUniversal Life

Omskakeling van u universele lewensplan na Sanlam Cumulus Echo Uittreeplan

’n Omskakeling wat poog om u te help om maksimum waarde uit u aftreespaargeld te kry.

In ’n poging om u te help om maksimum waarde uit u aftreespaargeld te kry, sal Sanlam u universele lewensplan na ons vlagskip-uittree-annuïteit, die Sanlam Cumulus Echo Uittreeplan, omskakel.

Waarom die omskakeling?

Die kenmerke en voordele van uittree-annuïteitprodukte het met verloop van tyd ontwikkel om lede groter keuse en buigsaamheid te bied terwyl hulle vir aftrede spaar. Die Cumulus Echo Uittreeplan is sedert 2013 ’n toonaangewende produk in die mark en het ook oor die jare ontwikkel, terwyl ons deurentyd opsoek is na maniere om ons kliënte se spaarreis te verbeter. Die omskakeling van u huidige uittree-annuïteit na die Cumulus Echo Uittreeplan stel u in staat om voordeel te trek uit die opsies en kenmerke van hierdie plan.

Ná die omskakeling sal u onder meer hierdie unieke en eksklusiewe opsies en kenmerke kan geniet:

  • ’n Wye reeks beleggingsopsies, wat die gewilde en kostedoeltreffende Vlagskip-fondsreeks van Sanlam insluit
  • Buigsaamheid om meer as een onderliggende fonds te kies en mettertyd tussen die fondse om te skakel
  • Toegang tot Sanlam Doelwitbestuurder, wat u toelaat om ’n aftreedoelwit by u plan te voeg, sodat u en u finansiële adviseur u vordering met betrekking tot u aftrede kan monitor
  • ’n Onbeperkte beleggingstermyn wat u groter buigsaamheid gee, sodat u kan besluit wanneer u wil aftree
  • ’n Opsie om by aftrede u belegging te behou en ’n inkomste te ontvang, terwyl u voortgaan om Wealth Bonus te verdien

Ná die omskakeling sal u meer van ons unieke en eksklusiewe opsies en kenmerke kan geniet.

Wat sal verander?

Uitkeerdatum

U huidige universele lewensplan het ’n vaste uitkeerdatum. Die uitkeerdatum van u huidige plan sal die beplande aftreedatum van u Cumulus Echo Uittreeplan word, waarna die plan ’n onbeperkte termyn sal hê. Dit beteken u nuwe plan sal outomaties voortgaan as u besluit om nie op die beplande aftreedatum af te tree nie. U kan kies of u u bydraes ná hierdie datum wil voortsit of nie.

Plannommer en bepalings

U plannommer asook die bepalings van die plan sal verander om die voordele van die Cumulus Echo Uittreeplan te weerspieël. Kyk gerus na die die jongste planbeskrywing vir die Cumulus Echo Uittreeplan.

Poliskoste

Die poliskoste op u nuwe plan sal verskil van dié op u huidige plan. Besonderhede oor die berekening en aftrekking van elke koste sal in die kontrakdokumente verskaf word, wat ons aan u sal stuur sodra die omskakeling afgehandel is.

Beleggingsfondse

In sekere gevalle sal die beleggingsfondse in u huidige plan nie in u nuwe plan beskikbaar wees nie. In sulke gevalle sal u belegging omgeskakel word na fondse met langtermyn-beleggingsdoelwitte en risikokenmerke wat min of meer dieselfde is as dié van u huidige fondse. Sodra die omskakeling van u plan afgehandel is, kan u kies om om te skakel na enige van die fondse wat deur die Sanlam Cumulus Echo Uittreeplan beskikbaar is.

Wat sal dieselfde bly?

Die betalingsbedrag, jaarlikse betalingsgroei, betaalwyse en frekwensie sal dieselfde bly.

Hoe sal dit u beleggings- en aftreewaardes raak?

Op die omskakelingsdatum sal die fondswaarde van u nuwe plan dieselfde wees as die waarde in die beleggingsrekening van u huidige plan.

Die deurlopende koste sowel as die vroeë uittree- en premieverminderingskoste wat op verskillende datums in die toekoms van toepassing is, sal verskil. Sanlam het egter u Wealth Bonus bepaal wat u sal ontvang om u polisvoordele (toekomstige vroeë uittreewaardes of normale uittreewaardes) van u nuwe plan in lyn te bring met dié van u huidige plan. Sanlam bepaal u Wealth Bonus op u nuwe plan volgens ’n grondslag wat goedgekeur is deur Sanlam se Hoof van die Aktuariële Funksie. Die nuwe heffings en Wealth Bonus op verskillende tydstippe sal in die kontrakdokumente aangedui word.

Die omskakeling behoort binne ’n paar maande afgehandel te wees – u sal in kennis gestel word sodra dit bevestig is.

Wat gebeur volgende?

Ons sal binnekort ’n proses begin om u plan asook dié van ander lede om te skakel. Die proses om hierdie planne om te skakel, behoort binne ’n paar maande afgehandel te word en u sal in kennis gestel word van die omskakelingsdatum van hierdie plan sodra dit bevestig is.

Wanneer die omskakeling afgehandel is, sal u bevestiging daarvan ontvang, asook kontrakdokumente waarin die besonderhede en bepalings van die nuwe plan uiteengesit word.

Invest

Advice

Service

Invest Online Back

Call me back

Email us

Back

Call me back

Email us

Email us

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam